“… ongehoorsaam en tog ten diepste gehoorsaam”

Dietrich Bonhoeffer

Beyers Naudé:

“… ongehoorsaam en tog ten diepste gehoorsaam”

Preek in Aasvoëlkop, 22 September 1963 *

“Ons moet God meer gehoorsaam wees as die mense.” (Handelinge 5:29)

 Om te verstaan wat hierdie woorde vir Kerk en maatskappy, maar ook vir u en my beteken, moet ons eers ’n duidelike begrip hê van alles was hier plaasgevind het.

Hier het ons ’n groep manne en vroue besig om Jesus Christus te verkondig soos Hy Homself aan hulle openbaar het deur die uitstorting van die Heilige Gees. Hulle verkondiging is nie net ’n oorverteling van die geskiedenis nie. Dit is geskiedenis, ja, opstandingsgeskiedenis, maar dit is baie meer. Ditis eerstens ’n getuienis van Jesus Christus as Opgestane Here, dit wil sê as die Lewende in hulle midde. Omdat Hy lewend is, ondervind hulle sy lewe in hulle, ondervind hulle hoedat hul hele bestan omskep0 en vernuwe word. Hul boodskap is dié van Pase en Pinkster, van die gesenk van nuew goddelike lewe wat alle menslike lewe raak en alle menslike verhoudinge verander. Is dit ’n wonder dat hierdie boodskap soveel mense tot algehele aanvaarding daarvan bring, maar ook net soveel ander tot felle verset?

Die apostels ondervind nou die waarheid van die Skrifwoord baie kennelik en sigbaar – das die Evangelie ’n teken is was weerspreek sal word, ’n reuk van die lewe tot die lewe en van die dood tot die dood, ’n woord wat lewend, kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard is. Dat hierdie swaard na twee kante sny, is duidelik as die teenkanting hom openbaar maak en dit van die kant van die hoëpriester en die party van die Saduseërs was die Sanhedrin as kerklike vergadering byeenroep voor wie Petrus en die apostels hulle moet verantwoord, dieselfde raad wat Jesus veroordeel het.

Die hoëpriester is verontrus dat die apostels die vorige bevel, om nie meer in die Naam van Jesus Christus te leer nie, verontagsaam het. Dit was dan juis die hoop van die raad dat hulle die apostels op ’n mooi manier die swye kon oplê. Nou beskuldig hulle die apostels dat hulle die vrede van Jerusalem versteur, die vrede in die Kerk (“Julle het Jerusalem met julle leer vervul”) deur ’n boodskap wat hulle as ’n eiewillige beskou (“julle leer”) en hulle verwyt die apostels dat hulle die bloed van hierdie Man op hulle wil bring. Het hulle dan so gou vergeet dat dit juis net kort tevore as wens deur die volk teenoor Pilatus uitgespreek is? “Laat sy bloed op ons en op ons kinders kom!”

Wat moet Petrus en die apostels nou as verweer aanvoer? Oënskynlik is die beskuldiging gegrond en is hulle ongehoorsaam. Wat kan Petrus hierteen inbring? Dis hoogs eienaardig, hy verweer homself eintlik glad nie. Hy kon, as hy wou, verwys het na die wonderbaarlike gesondmaking die afgelope tyd en ook die wonderbaarlike verlossinguit die tronk die vorige nag, maar hy noem dit nie eens nie.

Wat hy wel doen, is dit: Hy bring hulle dadelik na God soos hulle Hom in en deur Jesus Christus leer ken het. Petrus sê kort en kragtig: As God iets vra, moet ale dinge wyk. Die beteken nie dat ’n mens menslike magte en owerhede nie moet gehoorsaam nie. Inteendeel, Paulus sê: “Laat elke mens hom onderwerp aan die magte wat oor hom gestel is.” Wanneer die wil en die weg van die mens egter te staat kom teen die wil en die weg van God, dan moet die mens weet: Nou moet ek God meer gehoorsaam wees as die mense.

Hoe moet ’n mens weet wanneer dit God is wat spreek? Deur ons gewete? Hoe weet ons of ons gewete altyd reg is? Hoe het Petrus dit geweet? Hoe sou hy dit kon bewys? Die feit is: Hy kon nie, hy staan weerloos voor sy regters en voor die volk. Al wat hy as ander het, is die innerlike geloofsekerheid was God deur sy Gees aan hom gegee het en was Hy aan almal gee wat bereid is om deur voorafgaande worsteling in totale afhanklikheit voor God te staan te kom met volkome gewilligheid om van God oortuig te word oor die gehoorsaamheid was Hy van ons verwag.

In hierdie heerlike sekerheid bied die apostels nou aan hul Kerk en volk bekering en vergifnis van sonde in die Naam van die lewende Jeus. Hul boodskap aan die Joodse Raad is: Christus is bereid om ’n nuwe begin met die ou volk Israel te maak; die deur is nog oop; sy genade is nog daar, verse 30-32. Hulle? Wat maak hulle van die aanbod?

Die Raad reageer self onmiddellik en skerp, vers 33. Die woorde gaan deur hulle hart, maar direk op die teenorgestelde manier as by die skare op Pinsterdag en wek vyandskap, verset, wrewel en woede.

Onder hulle is Gamaliël, die bekende Joodse teoloog wat in hoë agting deur sy volk gehour word; die man wat ons gewoonlik as doktor Wyseraad van die Joodse raad aandui. In ’n sekere sin is dit waar: Wat Gamaliël sê, hou baie waarheid en baie wysheid in. As ons eger dieper kyk, sien ons dat by hom nie om Christus, die Waarheid en die Wysheid van God gaan nie. Sy ware besorgdheid is nie oor die apostels, die wil sê nie oor Jesus nie, maar oor die Sanhedrin, oor die Jode. Hy spreek ’n waarskuwende woord uit, “want as hierdie voorneme of hierdie werk uit mense is, sal dit vernietig word; maar as dit uit God is, kan julle dit nie vernietig nie, dat dit nie miskien gevind word dat julle selfs teen God stry nie”, waarvan hy die profetiese waarheid en draagwydte nie besef nie; nes Kájafas onwetend profeties duer God gebruik word s hy van Jesus sê “dat dit voordelig is dat een man vir die volk sterwe”.

Waarop kom Gamaliël se raad neer? Weet u waarop? “Stel die beslissing uit; moenie nou handel nie, die tyd is nog nie ryp nie.” Ek glo Gamaliêl het die apostels se opregthed raak gesien; ek glo hy het diep ongelukkig gevoel oor die verloop van sake in die Sanhedrin, maar in sy raadgewing ontwyk hy die beslissing en hy lei sy volk met ’n ompad by Jesus verby.

En die slot van die hele gebeure? Die apostels verheug hulle dat hulle werd geag was om ook vir hul lering te ly, ongehoorsaam en tog ten diepste gehoorsaam, ontrou en tog ten diepste getrou.

Tot sover nou die uitleg. Nou die vraag: Wat het alle smet ons te doen? Met u, met my, met die situasie in ons Kerk, in ons volk, in Suid-Afrika en in Afrika? Ek weet wommige sal sê: maar is dit nie vermetelheid om uit hierdie geskiedenis ’n analogie te skep met die situasie waarin ons ons vandag bevind nie?

Net die Heilige Gees, broers en susters, kan elkeen van u oortuig in hoeverre Handelinge 5 op on situatie van toepassing is. Wat mysel betref, het ek die lig vir my beslissing oral in ander Skrifgedeeltes probeer soek, ook om redes te vind waarom ek my van Pro Veritate en die Christelike Instituut kon losmaak om rustig en gelukkig met my gemeentewerk voort ge gaan. Keer op keer egter, somsmet groot worsteling, vrees en verset in my hart, het die Here my na hierdie Skrifdeel teruggevoer asof Hy wou sê: “Wat ook al dié tekswoord vir ander mag beteken, is dit my antwoortd vir jou: God meer gehoorsaam wees as die mense!”

Nou gee ek u die lig soos God dit die afgelope dae deur baie gebeure en soms met baie teenkanting en onwil aan my kant aan my gegee het:

Die verskillende besluite van die Sinode, ringe, kerkrade en die daaropvolgende reaksies het my baie duidelik getoon dat, hoewel die Sinode nie prontuit in soveel woorde ’n verbod op uitsprake geplaas het ws nie in ooreenstemming met kerklike beleid en die sieninge van die verlede is nie, dit in gees en praktyk daarop neerkom dat die Godgegewe reg en vryheid van leraar en lidmaat om profeties-reformatories vir die waarheid van Gods Woord te getuig, so ingeperk en aan bande gelê word dat die evangeliedienaar nie meer in beginsel die vryheid gegun word om sy diepste Christelike oortuiginge uit te spreek op ’n wyse, plek of tyd soos God hom dit deur sy Woor en Ges gee om uit te spreek nie.

Daarom is die keuse waarvoor ek geplaas is nie eerstens een tussen gemeentewerk en ander Christelike werk nie, ook nie tussen die Kerk en Pro Veritate of die Ker en die Instituut nie. Nee, die keuse gaan baie dieper: Dit is ’n keuse tussen geloofsgehoorsaamheid en onderwopenheid aan kerklike gesag. Deur laasgenoemde onvoorwardelik te gehoorsaam, sou ek my gesig red, maar my siel verloor.

Deur my toetrede tot die Christelike Instituut verlaat ek egter nie die Kerk nie. Inteendeel, ek wil juis ook my Kerk in wyer ekumenies verband in en deur die Instituut dien, als sou my Kerk dit nie vandag amptelik so sien en verlang nie. Ek gee ook nie die evangeliebediening prys nie, daarom uis het ek om behoud van status aansoek gedoen om sodoende aan my Kerk die getuienis te lewer dat ek niks anders as bedienaar van Goddelike Woord wil wees en bly nie. Oor die beslissing van die eksamenkommissie wil ek niks meer sê dat ek dit as onbillik en onregverdig beskou, ’n beslissing wat nóg opgrond van die kerkorde nóg op grond van vorige presedente gehandhaaf kan word. Daarom bid ek dt die dag gou sal aanbreek dat hierdie besluit herroep sal word. Intussen is daar vir my net een weg: om aan God gehoorsaam te wees. Dit is Gods Woord en weg vir my. Daarom moet ek gaan.

Hierdie tekswoord het ook vir die gemeente betekenis, want u is deur my optree daarin betrek sonder dat u of ek dit begeer of gewil het. Ook wor u geroep om ’n keuse te maak, ’n beslissing te neem; u kan dit nie ontwyk of ontvulg nie. Let tog daarop: Die beslissing gaan nie eerstens oor my persoon of oortuigings nie, oor my verblyf in of my vertrek uit die gemeente nie, ook nie oor u opvatting oor Pro Veritate of die Christelike Instituut nie; dit gaan in sy diepste om Christus. Dit gan om die vraag: Is sy Woord vir u die hoogste gesag, die finale Woord? Indien wel, gehoorsaam u sy Woord? Leef u vanuit sy woord? God sal u nie loslaat totdat u gekies het nie.

Ook vir ons Nederduitse Gereformeerde Kerk het die tekswoord vanmôre betekenis. Ons verkeer in die besonder bevoorregte, maar juis daarom so verantwoordelike posisie dat die stem van die Kerk ver reik en groot invloed uitoefen. Ons Nederduitse Gereformeerde Kerk, as volksverbonde Kerk, leef ook in hierdie tyd intens saam met ons volk in die bedreiging van sy voortbestaan. Elke ware Afrikaner voel diep saam met sy volk in hierdie angsvolle tyd. Ek skaar my onder hulle as Afrikaner wat, net soos in die verlede, vandag nog altyd met dieselfde liefde en trou as vantevore my volk wil dien.

Nou weet ek daar is baie wat vandag roep en sê: Dit is nie nou die tyd om te praat nie, als is baie dinge nie reg nie, of moreel nie te verdedig nie, dit is nou die tyd om stil te bly en by jou volk te staan. Broers en susters, hjoe goed so ’n standpunt ook al bedoel is, verstaan ons as Christene dan nie dat so ’n houding uit vrees gebore is nie en dat vrees ’n teken van ongeloof is nie? Bely en glo ons dan niedat as ons God in alles gehoorsaam volgens sy Woord, ons ons toekoms en dié vanons volk veilig in sy hand kan laat nie? Wie se koninkryk kom vir ons eerste: die koninkryk van God of dié van ons volk? Wat is belangriker: dat ons bymekaar sal staan, of dat ons almal by God te staan kom? Wat beteken “by God staan” anders as dat ons die koningskap van Jesus Christus oor alle volke, dus ook oor ons volk, sal uitroep en verkondig, ook wt ons ekumeniese en rasseverhoudinge betref? Wanneer ons as Nederduitse Gereformeerde Kerk vrees of weier om dit met met vrymoedigheid te doen, dan laat ons ons volk in die steek, dn pleeg ons volksverraad.

As die Nederduitse Gereformeerde Kerk hierdie gehoorsaamheid wat God opeis, nie beter gaan verstaan en beoefen nie, gaan ons eindelose skade ly en smart moet verduur. Nie alleen gaan ons van die bete intellektuele en geestelike kragte in ons predikantsgeledere verloor of frustreer nie, nie alleen gaan ons die vertroue van duisende lidmate verloor wat op al hierdie omstrede vraagstukke van Kerk en staat, van koninkryk en volk, van ras en kleur meer Bybelse lig soek nie en dit nie nou by hul Kerk vind nie, meer nog: Ons Kerk is besig om die hart van ons “dogerkerke” onherroeplik van hom te vervreem en die pad vir sy getuienis aan die Kerke van Afrika te sluit. As ons Kerk voortgaan met hierdie doelbewuste en vreesvange proses van isolasie,van sy tragiese terugtrekking van die heilige algemene Kerk in Suid-Afrika en Afrika, gan ons geestelik kwyn en sterf.

O, my Kerk, ek roep vanmôre met al die erns van my siel: Ontwaak voor dit te laat is, stan op en reik die hand van Christelike broederskap aan almal wat dit in opregtheid na u uitstrek. Daar is nog tyd, maar die tyd word kort, baie kort.

Maar ook vir ons as evangeliedienaars het hierdie woord van Handelinge 5,29 betekenis. By talle en talle evangelidienaars is daar diepe besorgdheid oor die gang van sake in ons Kerk. Baie is besorg omdat dit skyn of die Kerk nie vry is om op grond van Gods Woord alleen te handel nie omdat ander invloede en magte ’n oorheersende rol speel. Baie is oortuig dat daar in ons kerklike en rasseverhoudinge op baie vlakke groot veranderinge sal moet intree, maar hierdie oortuiging word deur hulle om baie redes verswyg, die vrees dat dit die Kierk skade kan doen as hulle spreek, die vrees dat ons lidmate not nie vir die ontgvangs van hierdie waarhede ryp is nie, die moontlike reperkussies wat dit in on gemeentes kan hê.

In so ’n situasie wor dons almal geroep om met die grootste verantwoordelikheit op te tree, maar seker nie deur stil te bly nie. Die uitspreek van die waarheid van die Evangelie kan mos nie die Kerk van Jesus Christus skade doen nie. As ons lidmate nie deur allerlei ander magte beînvloed word nie, maar vreesloos en volledig ingelig word presies oor wat die Woor van aGod van alle mense, blank sowel as nieblank eis, sal die Gees van Tod hulle dan nie self in alle waarheid lei nie? Waarom vrees ons dan? Het die tyd nie aangebreek nie dat ons duidelik en blymoedig sal uitroep: So spreek die Here!

Ten slotte: Ook vir die ander Kerke in Suid-Afrika en vir die Chritene in daardie Kerke, blank sowel as nieblank, het hierdie tekswoord betekenis. U wat saam met ons die trou aan Christus en sy Woord bely, is u eerste gehoorsaamheid en u hoogste trou dié aan Christus? Is u bereid om u mense en u volksgroep op te roep om hierdie gehoorsaamheid bo alle ander dinge te stel en te soek? Ook waar dit indruis teen hul diepste menslike sentimente? Is u bereid om onreg te erken waar onreg gepleeg is, ook teenoor die Afrikaner, om liefde en begrip te gee waar dit nodig is en om die minste te word sodat Christus die meeste word?

Vir alle Christene van alle Kerke, volke, tale en rasse wat in opregtheid hierdie eerste gehoorsaamheid aan God soek en bid, kom sy heerlike versekering, ook vir die onsekere toekoms:

“As God vir ons is, wie kan teen ons wees?”

*Christiaan Frederick Beyers Naudé, Gehoorsaam an God. Preek in Aasvoëlkop, 22 September 1963 [uit: Beyers Naudé: My Land van Hoop. Die Lewe van Beyers Naudé. Johannesburg 1995, bladsy 157-161]

4 Kommentare zu diesem Artikel bisher »

Kommentare zu »“… ongehoorsaam en tog ten diepste gehoorsaam”«

  1. […] Beyers Naudé [1915-2004] come together on and around 10 May and celebrate in different ways: “Oom Bey” would have turned a hundred years of age this […]

  2. […] Wundergeschichte anspornen lassen, die sich vor unseren Augen ereignete, bei der unser Jubilar, Beyers Naudé, mit Bitten, Flehen, Wachrütteln und Ermahnen maßgebend mitgewirkt hat. […]

  3. […] pastor preaching about ‘Obedience to God’ before a ‘Commission of Enquiry into certain Organisations’ (the Schlebusch-Commission) […]

  4. […] of the church at Aasvoêlkop Kerk, and he symbolically disrobed himself when he had preached his valedictory sermon to his congregation. That is the reason he opted to continue as Director of the Christian Institute […]

Kommentieren

Erlaubtes XHTML: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>