Christiaan Beyers Naudé: MY LAND VAN HOOP

Christiaan Frederick Beyers Naudé [1985]

Outobriografie

Christiaan Beyers Naudé:

MY LAND VAN HOOP. Die Lewe van Beyers Naudé.

Johannesburg: Human & Rousseau 1995, ISBN 0 7981.3509.3, 192 Bladsye.

Dit is paslik dat Beyers Naudé en Andrei Sacharof – beide protestante teen ‘n verdrukkende bestel – saam die Reinhold Niebuhr-prys van die Universiteit van Chicago ontvang het. Net soon die paslikis dat F.W. de Klerk en Michail Gorbatsjof – beide hervormers teen will en dank – albei op hul dag die Nobelprys ontvang het.

Beyers Naudé, self ‘ sterk gevoelsmens, het sy loopbaan lank heftige emosies by mense opgewek – vor sommige was en is hy ‘n volksverraaier; vir ander, ook buite sy eie land, ‘`n heilige‘. (‘n Mens kan gerus hier onthou was Karel Schoeman in sy boek oor Susanna Smit geskryf het: “Dat Van der Kamp met sy intense geloof en sy kompromieslose askese ‘n heilige was, kan ten spyte van  sy aantoonbare gebreke nie onmoontlik geag word nie, want menslik heiligheid impliseer geensins volmaaktheid nie.”)

Naudé is gebore en het grootgeword in ‘n intens konserwatiewe en vaderlandsliewende gesin. Sy vader was ‘n stigter van die Afrikaner-Broederbond, die geheime organisasie van Afrikaner-uitgelesenes; sy moeder wou haar seune nie rugby laat speel nie, want dit was ‘n Engelse spel (teen tennishad sy, vreemd, geen beswaar nie!).

Hy het sy teologiese opleiding op Stellenbosch ontvang in die naweê van die beroemde/berugte Du Plessis-saak. Die Kweekskool was versigtig in sy opleiding van jong Afrikanerteoloê, en soos Breyten Breytenbach later sou opgemerk het: “Versightigheid is die moeder van versigtigheid.” Gelukkig was daar onder Naudé se professore ook ‘n denker van die formaat en vreesloosheid van `n Bennie Keet.

As jong NG predikant het Naudé skouspelagtige vordering gemaak, Hy was nie net ‘n geliefde en toegewyde pastor nie, maar in volksvaste Afrikanerkringe was hy onmiddellik aanvaarbaar en hy het die jongste lid tot in daardie stadium van die Broederbond geword. Hy was ‘n stewige Afrikaner, getroue Nasionalis, en op 45 jaar reeds ‘n prins van die Kerk.

Maar vrae, twyfelgedagtes, het in hom ontkiem. Hoewel hy soos die verligte Afrikaners van die jare sestig ernstige bedenkinge had en nie alle oekases van die Nasionale Party heelmondig gesluk hat nie, het hy tog na buite stilgebly.

Toe, ná die trauma van Sharpeville, kom die kerkeberaad van Cottesloe einde 1960,en gewetenswroeging oor die NG Kerk se amptelike onderskrywing van die apartheidsbeginsel skroei Beyers Naudé in die siel. Soos Martin Luther voel hy gedwing tot openbare standputinname. Hy verlaat sy gelifde gemeente Aasvoêlkop in Johannesburg en begewe hom in die stormargtige waters van die ekumeniese, nie-rassige Christelike Instituut. In die eerste van ‘n reeks pynlike metamorfoses en in streng gehoorsaamheid aan sy siening van waaragtige Christenskap word Beyers Naudé die verligte Afrikaner Beyers Naudé die liberale Afrikaner.

Hy en sy makkers weier om voor die Schlebusch-kommissie na “sekere” organisasies te getuig en hy gaan vir een nag tronk toe (“die boek Amos gelees en soos ‘n klip geslaap”). Geleidelik vereenselwig hy hom met die vryheidstryd van swart Suid-Afrika – uiteindelik met sulke oorgawe dat die Vorster-bewind hom vir sewe jaar inperk. Beyers Naudé die liberale Afrikaner word Beyers Naudé die radikale Afrikaner – deel van die struggle.

Sedert sy ontperking in 1984 het ‘n grondverskuiwing in Suid-Afrika plaasgevind. Die struggle word ‘n nuwe, oneindig moeiliker stryd omheropbou en ontwikkeling – en om versoenng. Juis daarin het Beyers Naudé, steeds onomwonde Afrikaner, opnuut ‘n profeterol. Die NG Kerk raak onstale van sy apartheidsbagasie en Naudé se hartsdroom van ‘jn vereinigde NG Kerkfamilie nader op laas verwesenliking. Ná baie jare word ‘n sirkel voltooi en staan hy, terugverwelkom, op Sondag, 13 Augustus 1995, weer op die kansel van Aasvoêlkop.

My land van hoop is die verhaal van die merkwaardige kruistog van ‘n geestelike leier wat die beginsels van die Woord voorop gestel en daarvoor baier duur betaal het.

>> The Christian Institute of Southern Africa –

>> 100 jaar „Oom Bey“ 1915-2015

6 Kommentare zu diesem Artikel bisher »

Kommentare zu »Christiaan Beyers Naudé: MY LAND VAN HOOP«

  1. Dankie vir hierdie interesante resensie* van Christiaan Beyers Naudé se outobiografie. Oom Bey en ook Bram Fischer is twee Afrikaners wie se lewens ’n voorbeeld kan wees vir jong Afrikaners op soek na ’n (nuwe) identiteit. Die jare van die rassistiese en onmenslikke apartheidstelsel het die Afrikaner se menslikke identiteit verniel. Die bevryding van Suid-Afrika van apartheid was ook die bevryding van die Afrikaner en die unieke kans om in die land van hulle geboorte menswaardig te lewe. Maar dit veronderstel die bereidwilligheid om die eie geskiedenis krities te aanvaar, én die bereidwilligheid om daaruit te leer. Die lewens van Beyers Naudé en Bram Fischer is sekerlik die beste voorbeelde.

    *PS – ’n Klein wenk: Daar is darem te veel tikfoute in die teks 😉

  2. […] and around South Africa relatives and friends of Christiaan Frederick Beyers Naudé [1915-2004] come together on and around 10 May and celebrate in different ways: “Oom Bey” would […]

  3. […] Beyers Naudé, Gehoorsaam an God. Preek in Aasvoêlkop, 22 September 1963 [uit: Beyers Naudé: My Land van Hoop. Die Lewe van Beyers Naudé. Johannesburg 1995, bladsy […]

  4. […] Christiaan Frederick Beyers Naudé, an Afrikaans-speaking white South African, who had come out and had started questioning, preaching and arguing for the need to do away with apartheid – “the need to change!”, attracted the attention of many of my age, who – as children and as descendants of the local population whom especially the Afrikaans-speaking white community was through its apartheid-regime continuing to dispossess and had degraded into a mass of disempowered labourers and voiceless underdogs that they collectively named “Nie-Blanke/Non-Whites” or “Bantu, Kleurlinge/Coloureds, Indians”. Beyers Naudé started posing questions our parents and our elder brothers and sisters had been and were asking and for which many of them were being intimidated or had been silenced – our questions, our demands in the mouth and through the voice of someone ‘from the other side’ who, himself, was still undergoing change of perception in almost every respect and in high speed. […]

  5. […] Beyers Naudé was of ‘Afrikaner’-stock through and through. His father Jozua Francois Naudé was a dominee [= a pastor] in the Nederduitse Gereformeerde Kerk [NGK], the Dutch Reformed Church, of Voortrekker-lineage, saw service in the Boer-war and served his church dutifully. The desire of the family was that their children would be the pride of their family. Beyers Naudé himself imbibed these ideas dutifully, graduated from Stellenbosch and served the church in various capacities. There are perhaps two significant character traits that were to define the destiny of Beyers Naudé: he was a man of faith, and he was perceptive and discerning. Once he came to faith, faith took over. It was faith that dictated his life. It was difficult to move him once he came to an understanding of Faith as God’s will. It was in that regard that he was rooted in the Reformed Calvinist-theology and spirituality that viewed the Bible as the Word of God. Whatever anyone disagreed with Beyers Naudé about they acknowledged his unshakeable belief in the God of the Bible. It was because of his belief in God that he embraced the aspirations of the ‘Afrikaner’-people, and he imbibed the biblical theology of ‘Afrikaner’-nationalism. […]

  6. […] Institute of Southern Africa (CI), apartheid, Sharpeville-Massacre, English-speaking churches, Christiaan Frederik Beyers Naudé, Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGK), World Council of Churches (WCC), Cottesloe-Consultation, […]

Kommentieren

Erlaubtes XHTML: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>